Katalaanse Wikipedia

Katalaanse Wikipedia
Tipe webblad Wiki
Taal(e) Katalaans
Registrasie Opsioneel
Eienaar Wikimedia Stigting
Opgerig 16 Maart 2001
Huidige status Aktief
URL ca.wikipedia.org

Die Katalaanse Wikipedia (Viquipèdia en català of Viquipèdia en valencià[1], uitgespreek /viki'pɛdjə/[2] is die Katalaanstalige weergawe van Wikipedia. Dit is op 16 Maart 2001 opgerig slegs enkele minute ná die Duitse Wikipedia. Op 11 Maart 2016, vyf dae voor die 15-jarige herdenking, is 500 000 artikels bereik en die 17de plek beklee wat artikeltal betref.

Hierdie Wikipediaweergawe het artikels in 'n verskeidenheid taalvariante en dialekte te bied, waaronder Valensiaans en Balearies. Dit is die tweede grootste Wikipedia op Spaanse grondgebied en staan maar ver agter by die Spaanse Wikipedia wat artikels en aktiewe gebruikers aanbetref, maar is op sy beurt die Baskiese en Galisiese weergawes weer ver vooruit. Alleen met hul onverdrote ywer en noeste vlyt het die publiek uit die ganse Katalonië dié Wikipedia op eie bodem tot sy volle reg laat kom.

Dit beskik tans oor ongeveer 754 590 artikels, en is die 20ste grootste Wikipedia.

  1. Verwysingfout: Invalid <ref> tag; no text was provided for refs named decisions
  2. "Ord: Viquipèdia". Forvo.com. Besoek op 15 Augustus 2013.

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne